DIE DAE VAN HENNIE
SE STOKKIESDRAAI

Ek was 13 en Hennie 14. Ons was altwee saam in die eerste jaar van die hoërskool Sir John Adamson. Elke woensdag was daar Cadets parade (soort padvindersparade) vir die seuns en vir die meisies Art classes (Tekenklasse) en ons meisies het 'n baie oulike onnie (leraar) gehad en dit was die hoogtepunt van ons weeklikse lesse.

Hennie moes altyd die dag vantevore sy uniform gereed maak o.a. sy leer riem moes blink gepolitoer (poetsen) word en sy skoene moes so blink soos 'n spieël waarin jy jou hare kon kam en sy beret(pet) se badge (penning) moes skoongemaak word met brasso (voor koper) en epeletten moes gevou word en sy das gestryk en diesmeer. Dit was vir 'ouboet' 'n hele opgawe en regte schlep elke week.


Hy het toe besluit on woensdae te gaan stokkiesdraai saam met Vlekkie. Hy het sy skooltas ingepak met ander klere, kospakkie vir hom en honne(hond) en waterbottel ens. Op weg na die busstop (bushalte) het hy afgeswaai na de bospad na die koppies (kleine bergen) en water stroompies en daar die dag deurgebring in de natuur en met 'n skepnet watervliegvissies (hele kleine zoetwater visjes) gevang sommer so vir die sport en om die dag om te kry.

Ek as getroue sus het hom nooit verklik nie. Hy het dit vir 3 weke volgehou totdat die skoolhoof snif in de neus gekry het dat Hennie op diè periodes nooit aanwesig was nie. Hy het my gevra of ek iets weet maar ek het geswyg soos die graf.

Wordt vervolgd.
Reageren? a.hekelaar@gmail.com